
|
Die Sendbrief / The Epistle © Publications |

|
CHRISTELIKE AANLYN POS |

|
HOOF ARTIKEL |
|
Praat saam: |




|
Die meeste christen vroue, word een of ander tyd gekonfronteer, met die dra van ’n hoed of hoofbedekking, na kerkdienste. Baie maak dit af as wetties en ander lewe met ’n skuldgevoel of oortuiging, om dit wel te dra. In sommige gevalle plaas dit onnodige druk op die christen vrou se geestelike lewe, terwyl ander ongestoord voorgaan.
“Wat dan nou?” is die vraag. Is die vrou verplig om ‘n hoed te dra of nie? Wat is die geestelike betekenis daarvan? Wat dan van die Engele? Is die hoed dan nou die moderne hoofbedekking? Dit is hierdie en ander vrae, wat ons volgens Bybelse riglyne gaan beantwoord, sodat elke christen vrou en man die Here in vryheid kan aanbid. |



|
’n Slagveld na ’n hewige geveg, is sekerlik een van die skrikwekkendste gesigte wat ’n persoon kan teëkom. Dit is net lyke so vêr as wat jy kyk. Met verloop van tyd, ontbind al die lyke en net die droë, dor bene bly oor. Vir die gesneuweldes, was die oorlog ’n neerlaag, alhoewel hulle nie daarvan bewus was nie. Dit is hierdie gesig wat Esegiël begroet het. God wou ’n erns aan Esegiël oordra, wat hy nie maklik kon vergeet nie en dit is waarom Hy dit op die wyse aan hom getoon het. |








