Die Sendbrief / The Epistle © Publications

ARTIKELS 1

Praat saam:

Text Box: Molestering en verkragting, is een van die mees afbrekende gebeurtenisse, wat enige persoon kan oorkom. Die gevolge daarvan kan jou hele lewe negatief beïnvloed en selfs jou geestelike groei en vryheid belemmer. Dit het ook 'n negatiewe invloed op verhoudings met vriende, familie, God en eggenoot. Daar is 'n rede waarom dit sulke vêrreikende gevolge het. Insig vanuit die Bybel kan help om hierdie greep te verbreek en die skade wat innerlik berokken is, te herstel.

Hierin word kwessies soos pornografiese verslawing, prostitusie, homoseksualisme en ander seksuele verwante oortredings uitgelig en aangespreek, aangesien daar sekere geestelike bande is, wat die mens innerlik bind, wat slegs deur die Woord van Waarheid gebreek kan word. 

Vele mense het geestelike sowel liggaamlike verlossing en genesing ontvang, deur die Woord van Waarheid. U kan ook!

Nooi ons gerus uit om u toe te kom spreek by u Kerk, Sel- of Bybelstudiegroep, Seminaar, Kamp ens.

WANDEL IN ’n NUWE LEWE MET USELF EN U GESIN.

ANTWOORDE TOT OORWINNING

“Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.” Dit is ’n uitlating wat Jesus self gemaak het, in Mattheus 13:12. Hoe maklik raak ’n mens moedeloos en gooi hande in die lug, wanneer jy sien dat ’n ryk persoon net nog ryker word én so maklik. “Ja”, reken die persoon wat in sy eie oë lewens tekorte het, soos finansies en sê: “die wat ryk is, sal ryker word en ons armer.” Dit is maar tipies van die mens, alles word in geld en aardse weelde en rykdomme gemeet. Aangesien Jesus hierdie stelling gemaak het, dra dit net soveel meer gesag, selfs vir die wat nie-gelowig is.

PASOP HOE JY HOOR!

Lukas 16

 

Seker een van die moeilikste gelykenisse om te beryp, is die een wat Jesus vertel het aangaande die onregverdige bestuurder. Terwyl die gelykenis ontvou, lyk dit asof Jesus die onregverdige bestuurder se metode goedkeur deur finansies op ’n oneerlike manier te bekom. Hy maak selfs die stelling om vriende te maak deur die onvriendelike mammon, wat ewiglik voordelig is. Direk daarna praat Hy teen vriendskap met mammon, die geldgod. Wat was dan die boodskap?

Text Box: 'n Advertensie-diens vir die Christelike gemeenskap | A service for the Christian community
Text Box: Ons adverteer op 
ADSAText Box: KLIK HIER OM TE SIEN WAT ONS DOELWIT EN OORTUIGING IS.
NUUTText Box: Al hierdie titels, kan nou ook in ’n professionele gedrukte formaat bestel word, teen ’n geringe fooi om druk en posgeld te dek. Kontak ons gerus, vir individuele/pakket pryse.
MOLESTERING EN VERKRAGTING
ONREGVERDIGE BESTUURDER