
|
Die Sendbrief / The Epistle © Publications |

|
DOELWIT & WIE IS ONS? |

|
die dode. Nadat Hy opgestaan het uit die dode, het Hy opgevaar in die hemel en gaan sit aan die regterhand van God die Vader, vanwaar Hy sal kom om die wêreld te oordeel, in geregtigheid. Jesus Christus is ook die enigste middelaar, tussen ons as mens en God die Vader. Deur Hom, ontvang ons ook die Heilige Gees, wat van God kom, wat ons Trooster is en ons oortuig van sonde, oordeel en geregtigheid. Alle skrywes, berading en bediening word op hierdie grondslag gebou.
Reeds dekades gelede, het die kerk die uitspraak gelewer, dat kerk mure moet val, wat wel gebeur het. Ongelukkig het die vyand ook die kerk gepenetreer nadat die mure geval het, aangesien daar geen beskerming was nie. Vele kerke en predikers sit reeds vir jare in sak en as, oor die algemene toestand van die kerk en pynig hul regverdige siel, oor die afval. In swakheid en met min krag, met geen of min hulp beur hul voort. Hierdie is die tyd van herstel en versterking, sodat die herlewing, wat jare lank geprofeteer is, kan plaas vind in die opregte gelowige se hart, al het hy vir ’n tyd weggeval. Dit is die tyd, dat die verlore kinders van die Here, weer terugkeer na hul regmatige plek.
Verder is dit die doel en oogmerk van ons bediening, om die kerk by te staan, om die mure te help herstel, sodat die vyand uitgedryf kan word. Die bediening se oogmerk, is om die hele kerk by te staan en nie slegs een groep gelowiges of denominasie nie. Ons is interkerklik geroep, om saam met elke prediker te werk. Die bediening is geensins daarop gerig om ’n eie kerk op te bou nie of om eie idees af te dwing nie. Die doel is suiwer om in gesprek te tree aangaande elke onduidelike faset van die evangelie. Ons wil deel wees van elke gelowige en prediker in die kerk!
Ons begeerte en visioen is om elke gemeentelid en prediker verlos en vry te sien, sodat hulle saam kan werk, in hul plaaslike gemeente, tot opbouing van die hele liggaam.
Dit is tyd dat alle ware en opregte gelowiges, wat weggeval het tydens die proses van verandering, weer onder een hoof verenig, naamlik die Here Jesus Christus.
ONS RIG ’N UITNODIGING AAN ELKE PREDIKER EN GEMEENTE OM ONS UIT TE NOOI, SODAT U KAN ERVAAR EN HOOR, WAT GOD SE PLAN IS. |
|
Praat saam: |





